Middelkop Self Catering

Middelkop Self Catering is op 'n plaas buite Murraysburg geleë en bied gehalte-plaasverblyf wat geskik is vir 'n gesin of groep vriende. Dié plaas in die sentrale Karoo bied gaste die geleentheid om van die stad se geraas weg te breek en die rustige atmosfeer van die buitelewe te geniet.

Descriptions of the rooms

Self-catering

Die plaas beskik oor 3 unieke selfsorghuise en elkeen het hul eie badkamer. Die eenheid deel 'n gemeenskaplike area met 'n volledig toegeruste kombuis, 'n eetarea en braaigeriewe.

Die gemeenskaplike kombuis het 'n gasstoof, yskas-vrieskas, breekware, eetgerei en 'n binne- en buitebraai.

Kom geniet die plaasgeluide van die melkbeeste, die lammers wat hul daaglikse melk ontvang en die Dorpers wat verby die huis loop. Saans kan gaste die stilte en die pragtige sterrehemel ook geniet.

Actives on farm:

  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Tennis

Facilities:

  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen rook binnenshuis
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens op versoek

Contact Us

Chrisma du Toit

+27 71 507 4993
 chrismadt@gmail.com
Just after the turn off on the gravel road towards Nelspoort - 4km out of town

GPS : 31°58'27.3"S 23°43'01.5"E