Uitkomst
Uitkomst bied gerieflike verblyf in ‘n selfsorgkothuis op ‘n Karooplaas tussen Richmond en Drie Susters. Die plaas is 11 km van die N1-snelweg af en ongeveer 40km van Murraysburg af.
Die kothuis bied verblyf aan 2 gaste en beskik oor ‘n slaapkamer met ‘n dubbelbed, rusbank en ‘n en suite-badkamer met ‘n stort. Daar is ‘n oopplan-kombuis en -eetarea. Die kombuis is toegerus met ‘n gasyskas, ketel en gasstoof. Lig word voorsien deur paraffienlampies. Braaigeriewe is beskikbaar en hout word voorsien.
Gaste kan die stil plaaslewe met pragtige sonsondergange en helder sterre saans geniet. Swem in ‘n plaasdam, drink water uit ‘n natuurlike fontein, geniet ‘n wandeling op die plaas, ry fiets of neem deel aan die plaasaktiwiteite.
Selfsorg / Plaas verblyf
Beskrywing:
Een dubbel-bed
Privaat en suite-badkamer met stort, wasbak en toilet.
1 Kamer wat twee mense kan akkommodeer.
Geriewe:
- Troeteldier vriendelik
- Geen selfoonontvangs nie
- Privaat Braaiarea
- Gratis veilige parkering
Aktiwiteite:
- Stap
- Swem
- Bergfietsry
- Boerdery aktiwiteite
- Sterrekyk
- Fietsry
- Draf
Kontak Ons
Philippie Retief
072 968 3020 (slegs Whatsapp) / 049 851 9222 | |
boks@webmail.co.za | |
Uitkoms, Murraysburg
Vanaf Beaufort-Wes Volg N1 vir 100km. Draai regs by bordjie na Toorfontein. Volg grondpad vir 11km, verby eerste opstal tot by Boksfontein aan regterkant van pad. Vanaf Richmond Volg N1 vir 75km. Draai links by bordjie na Toorfontein. Volg grondpad vir 11km, verby eerste opstal tot by Boksfontein aan regterkant van pad. Vanaf Victoria-Wes Volg die R63 vir ongeveer 50km tot by N1. Draai regs na Drie Susters/Beaufort-Wes vir 11km. Draai links by bordjie na Toorfontein. Volg grondpad vir 11km, verby eerste opstal tot by Boksfontein aan regterkant van pad. Vanaf Murraysburg Volg R63 (rigting Victoria-Wes) uit die dorp vir ongeveer 2km. Draai links op grondpad na Aberdeen/Nelspoort. Hou reguit aan vir ongeveer 35km tot by Boksfontein aan linkerkant van pad. Onderweg is daar 3 paaie wat vurk na links, hou net altyd regs. OF Volg R63 (rigting Victoria-Wes) vir ongeveer 40km tot by N1. Draai links na Drie Susters/Beaufort-Wes vir 11km. Draai links by bordjie na Toorfontein. Volg grondpad vir 11km, verby eerste opstal tot by Boksfontein aan regterkant van pad. GPS: -31.85756 , 23.46315 |