Lina Van den Berg  –  October 25, 2018

 

Die Julie byeenkoms is op die plaas, Quaggasdrift, aangebied. Dit was die aanbieder en gasvrou, Theresa Troskie, se verjaardag en daarom het sy die lede uitgenooi vir ‘n kuiertjie saam met die boekaanbieding.  Omdat dit ‘n spesiale geleentheid was, het Theresa die boekklublede bederf met ‘n groot verskeidenheid boeke uit verskillende genres.By ‘n knetterende kaggelvuur met die wintersonnetjie op ons skouers en ‘n glasie sjerrie in die hand, is die boeke behandel.  Na ‘n heerlike ete en stimulerende geselskap, het die lede die Sneeuberge gegroet en terug dorpwaarts gekeer.

  1. Pigs in Heaven  — Barbara Kingsolver
  2. Flesh and Bone and Water  —  Louiza Sauma
  3. Behold the Dreamers  —  Imbolo Mbue
  4. The Printmaker  —  Brondwyn Law-Viljoen
  5. The Boy who could keep a Swan in his Head  —  John Hunt
  6. My Grandmother sends her Regards and Apologies  —  Fredrik Backman
  7. Cutting for Stone  —  Abraham Verghese
  8. The Last Mile  —  David Baldacci
  9. The Tattooist of Auschwitz  —  Heather Morris
  10. The Calling of Katie Makanya  —  Margaret McCord
  11. Alone in Berlin  — H. Falada

   Theresa Troskie