Boekklub – September 2018
Lina Van den Berg – October 26, 2018
Susanna vd Merwe was aan die woord by die September byeenkoms. Sy bespreek die onderstaande boeke en daarna sluit die byeenkoms op ‘n vrolike noot af met Badsfontein se eie wyn, nl. “Heritage Wine”. Die druiwe is geoes van hul 110 jaar oue wingerdstok!
- Die lang man sonder skaduwee — Antoinette Pienaar. Susanna lees een gedeelte uit die boek: N.a.v. die droogte-storie, skryf Antoinette nadat wonderlike reën geval het van oom Johannes se woorde — “En om te dink ons hoef nie eers te betaal vir hierdie heilige water nie, Juffrou. Die blou dak se Baas gee dit vir ons verniet”.
- Red Clocks — Leni Zumas. Zumas is ‘n skryfster van Oregon – staat aan die Weskus van Noord-Amerika. Die verhaal gaan oor die lief en leed van 5 vroue. Hulle woon in ‘n klein kusdorpie aan die kus van Oregon. Met die dorpie se beperkinge, probeer elkeen die beste van hul lewens maak. Net jammer dat elkeen van hul ‘n hartseer keuse moet maak vir hul uiteindelike geluk.
- Warlight — Michael Ondaantjie. Ondaantjie is ook die skrywer van The English Patient, wat as die beste boek oor die laaste 50 jaar gekies is. Soos verwag, die allermooiste taalgebruik. Soos jy lees vorm jy outomaties ‘n ‘fliek’ in jou gedagtes. Die verhaal speel af na die Tweede Wêreldoorlog (1945) — ‘n “onbekende en min-wetende” oorlog wat steeds aan die gang was. ‘n Ma se opoffering om haar kinders te beskerm en wat dan vasgevang word in na-oorlogse spioenasie-netwerke. Die naam ‘Warlight’ verwys na die gedompte ligte tydens die oorlog. Haar seun, Nathaniël, vertel die verhaal. Baie goeie boek met aspekte wat jou diep laat nadink.
- The Tatooist of Auschwitz — Heather Morris. ‘n Ware verhaal van Lale en Gita Sokolov se oorlewing in die ergste konsentrasie-amp in Auschwitz. Lale moes elke gevangene se nommer op hul arm tatoeëer. Absoluut wonderbaarlike oorlewings-verhaal. Baie bemoedigend, inspirerend en ‘n pragtige liefdesverhaal. As jy die boek neersit, tel jy jou seëninge, is dankbaar oor jou vryheid en keuses in die lewe. N.a.v. die boek het Susanna ‘n gedeelte uit Man’s search for Meaning deur Victor Frankl gelees ter bevestiging van die “waarheid” oor The Tatooist — dieselfde vertelling kom ook in sy boek voor.
- Om op ‘n ligter noot af te sluit, lees Susanna uit Magnetiize van John Sanel voor: Jaa, twee i’s! Intentions: Consider a word play, the idea of intention as it sounds — “in tension”. E.g. Arrow and bow — as you pull back the arrow, you are placing it “in tension”. You must let it go — the arrow is now your “intension”. In the end you choose whether you want to be a bystander of the future or a creator of it. Tomorrow is either One Day or Day One — that’s your incredible priviledge of choice — John Sanel.
Susanna vd Merwe