Gesondheid en Dakar Tydren 9 April 2025

Renée Swanepoel  –  April 16, 2025

 

Maretta Theron stel Linda van den Berg aan die woord.  Linda van den Berg, ’n baie ervare verpleegkunde met 18 jaar ondervinding in babasorg en neo-natale eenhede, deel  die nuutste mediese neigings, die nuutste neigings in babasorg en baba- en kindervoeding, sy bespreek babas en mylpale, ma’s in beroepe en you cannot have it all – dis nie moontlik om 100% ma te wees en om ’n beroepsvrou te wees sonder om iets iewers in te boet nie!  Al is die idee vroeër aan ma’s verkoop!Sy maan mammas om te waak teen die “nanny-kultuur” waar versorgers alles vir hul kinders doen en ma’s hul kinders slegs soggens en saans vinnig sien.  Die versorgers word soms dikwels verwissel.  Kinders kan dit ervaar as verwerping en het dikwels later sielkundige probleme as gevolg daarvan.

Lede het hul noodhulpkissies saamgebring en Linda het hulle deurgekyk en die volledigste een uitgewys.  Shereen Korpel was die gelukkige wenner van die prys hiervoor.  Linda gee kortliks wenke oor wat die noodsaaklike artikels in ’n noodhulpkissie moet wees.  Sy verduidelik die regte metode om met ’n toerniket te werk na ’n slangbyt byvoorbeeld.  Sy deel ook ’n lys uit van gifstowwe wat ’n mens dalk per ongeluk kan inneem en hoe om dit onmiddellik te behandel as jy ver van ’n dokter of hospitaal is.

Herpesvirus

Marettta Theron, saamroeper vir Gesondheid, deel interessante en skrikwekkende feite oor die herpesvirus, na aanleiding van gevalle wat onlangs in die nuus was.

Gordelroos    

Hierdie siektetoestand wat tradisioneel by ouer mense voorgekom het, steek al hoe meer kop uit by jonger mense a.g.v hul stresvolle lewenswyses en werksomstandighede.

oplus_34

MURRAYSBURG SE DAKAR ETE

Muraysburg se VLV het onlangs vir Paul en Jeanette Avenant na hul kwartaallikse ete  uitgenooi as eregaste.  Paul het die onlangse Dakar tydren bygewoon en vir hul seun WR daar ondersteun.  Vir hul albei was dit ’n droom wat waar geword het! WR was uiters suksesvol en het die tydren sonder groot rampe of ongelukke oorleef!  Ons wat die DAKAR jaarliks volg, het nie ’n idee hoe enorme groot organisasie daarin gaan nie. Paul vertel interessant en onderhoudend oor hierdie groot gebeurtenis in hul lewens.