Kersmark en Afsluiting Article name Kies Katergorie Bed and Breakfast Boek Klub Camping Church DLV Farm Stay General Guesthouse Hunting Lodge In Town Out of Town PamG Self-Catering Spitskop TourismEvents Tuinbou Uncategorized VLV -- Parent -- Add New Article body Visual Code Ds. Luané McLachlan bring vir ons ’n Kersboodskap. Sy lees ’n stuk uit die Lig voor wat handel oor die 100 skape waarvan een weggeraak het. (Geskryf deur Sieg Louw.) Sy lees ook die gelykenis voor uit Lukas 15. Die kleingoed van Murraysburg Voorbereiding vermaak ons met ritme, beweging en sang op die ritme en wysies van moderne liedere. Tog te pragtig! Ses lede ontvang geskenke vir 100% bywoning van VLV deur die jaar. Die tesourier kies hierdie geskenke met sorg uit om lede aan te moedig om getrou VLV by te woon. Ses lede ontvang diensjaar knopies en word baie spesiaal deur die voorsitter, Renée Swanepoel, gelukgewens: 15 jaar: Adri Krüger en Margaret Martin 25 jaar: Kay Hesselink 35 jaar: Maretta Theron 45 jaar: Susanna van der Merwe 60 jaar: Winifred Grobler – ontvang blomme en ’n geskrewe gelukwensingskaartjie. 65 jaar: Dorees Pienaar – ontvang blomme en ’n geskrewe gelukwensingskaartjie. Adrie Conradie word bedank vir haar rekordtal van 38 jaar diens as bestuurslid! Ons mis haar reeds op die bestuur en bid haar ’n algehele herstel toe. Mag haar gesondheid ingrypend verbeter! . Theresa Troskie bedank die voorsitter, Renée Swanepoel vir haar insette in ons tak gedurende 2023: Renée is ’n ALTYD vrou. Sy is altyd bereid om diens te lewer en is nie alleen ons voorsitter nie, maar ook Sirkelpresident van Sirkel Noord-Karoo en saamroeper vir Gesondheid op die Hoofbestuur van VLVK. Sy is altyd positief, altyd bereid om te help, altyd beskikbaar vir Murraysburg se gemeenskap, altyd op haar pos! Ons is trots op haar en waardeer haar insette by VLV en in Murraysburg. Hierna word flink besigheid gedoen by die 8 Kersmarkstalletjies. Daar is 8 stalletjies met o.a. ’n springkasteel, speelgoed, snoeperye, brode, heerlike koffie, ingemaakte produkte, juweliersware en houtwerkprodukte.  Feature Images - The image next to artcile extract