Leefstyl: vye en beet

Renée Swanepoel  –  March 10, 2025

 

Beet was lank die weeskind by spoggerige etes, dit is nie waardeer of erken nie.  Dalk is dit as gevolg van die vlekke op klere en wit damastafeldoeke, asook die rooi beetsous wat al die ander kos op ’n bord “besoedel”!

Die spreekwoordelike wiel het egter vir beet gedraai!  Hierdie hoogs voedsame groente, waarvan die blare sowel as die groente eetbaar is, is laag in vet, propvol vitamiene en minerale en vol kragtige antioksidante.  Dit bevat kalium, magnesium, yster,  vitamiene A, B6 en C, foliensuur, sink, koolhidrate, proteïene en oplosbare vesel. Die wonderlike waarde van die helende krag wat in beet lê, word nou erken en benut!

Beet kan rou in ’n slaai geëet word sonder om die skil te verwyder.  So behou jy die voedingstowwe daarin.  Jy kan beet gaarmaak of vars beetsap meng met ander groentesappe.  Die blare word dieselfde as spinasie voorberei.

Voordele van beet vir die liggaam:

  • Verbeter breinfunksie:

Beet het ’n verstommende positiewe effek op breinfunksie, want dit help bloedvloei na die brein verhoog en demensie beveg.

  • Verhoed kanker:

Die unieke kombinasie van antioksidante en anti-inflammatoriese molekules in beet help om die risiko in baie soorte kanker byvoorbeeld kolon-, long-,

maag-, prostaat- en testikulêre kanker te verminder.

  • Beheer bloeddruk:

Beet het ’n hoë nitraatinhoud.  Die liggaam sit nitrate om in nitriete en die gas  stikstofoksied.  Albei hierdie komponente help om die are te verruim en die bloeddruk te verlaag.  Daarmee saam verminder beet ook die risiko van beroerte, hartaanvalle en ander kardiovaskulêre probleme.

  • Verbeter stamina:

Gekookte beet of beetsap voor fisiese aktiwiteit verhoog jou prestasievlak.

  • Beheer cholesterol:

A.g.v. karotenoïde en flavonoïde in beet word die vlak van slegte cholesterol in die liggaam verlaag.

  • Ondersteun beengesondheid:

Beet in jou dieet beteken ook sterker bene en tande.  Dit bevat silika wat die liggaam help om kalsium korrek te gebruik.

  • Behandel bloedarmoede:

Beet  is hoog in ysterinhoud en dit kan help om bloedarmoede en laebloed-hemoglobien te voorkom en te behandel.

  • Help met detox:

Beet is effektief om te help om jou lewer te detox.  Dit is hoofsaaklik te danke aan die metionin en glisien-betaien in beet.

  • Voorkom geboortedefekte:

Beet is goed vir swanger vroue a.g.v. die hoë inhoud foliensuur.  Foliensuur is ’n noodsaaklike komponent vir die behoorlike vorming van die ongebore baba se rugmurg, wat sodoende beskerm teen toestande soos spina bifida.

  • Verminder velprobleme:

Die anti-inflammatoriese eienskappe van beet help met die voorkoming en genesing van velontsteking soos aknee en absesse.

  • Diabetes:

Aangesien die natuurlike suikerinhoud in beet so hoog is, vermy diabete dit.  Dit is egter meer voordelig vir diabete om die volgende redes:

  1. Behalwe die hoë natuurlike suikerinhoud in beet, is dit ook hoog in vesel, kalium, folaat wat goed is vir diabete.
  2. Die glukemiese telling in beet is 64 en dus nie te laag nie, maar as die natuurlike suikers verteer word, word dit nie te gou in glukose omskep nie.
  3. Die tempo van die omskakeling na glukose is laag en dit vermy die skielike toename in glukosevlakke in die bloedstroom.
  4. Beet in rou vorm is beter vir diabete a.g.v. die vlak van natuurlike suikers.
  5. Beet word ingesluit in diabete se diëte indien dit in die vorm van slaai is.
  6. Die sap van beet is ook vol nutriënte en kan geleidelik in die dieet infaseer word.
  7. Wanneer beet saam met ’n ete geneem word, neem die tempo van absorpsie van glukose in die bloedstroom af.

 

VLV-lede

Bron:  Kosse wat genees – Eet jouself gesond – Meester Handboek

  • Hannes de Beer