LEEFSTYLVERGADERING APRIL 2018 Article name Kies Katergorie Bed and Breakfast Boek Klub Camping Church DLV Farm Stay General Guesthouse Hunting Lodge In Town Out of Town PamG Self-Catering Spitskop TourismEvents Tuinbou Uncategorized VLV -- Parent -- Add New Article body Visual Code Adrie Conradie (links), Leefstylsameroeper Murraysburg, het by haar afgelope vergadering gesorg vir 2 baie interessante demonstrasies. Liezl Conradie (middel) het demonstreer hoedat ’n gemmerkoekhuisie wat in stukke in ’n oulike kissie aangekoop word, suksesvol met versiersel aanmekaargesit word en hoe om die huisie kunstig te versier. Margaret Booyse (regs) het gewys hoe om ’n eenvoudige peertert te omskep in ’n pragstuk op jou teetafel. ’n Rolletjie blaardeeg word oopgerol (nie uitgerol nie) en dikkerig besprinkel met kaneelsuiker en speserye. Hierna word dit in die lengte opgerol en in 1cm dik wieletjies gesny. Die wieletjies word onder en teen die kante van die tertbord gepak en effens platgedruk om teenmekaar te “seël”. Die peervulsel word in die kors geskep. Vir die bo-kors word die res van die wieletjies langs mekaar in die vorm van die tertbord se bokant op ’n plastiek uitrolbordjie gepak. Plaas nou nog ’n plastiek uitrolbordjie bo-op die wieletjies en rol met jou koekroller totdat die wieletjies platter is en goed teenmekaar “seël”. Hierna word die tert gebak tot ligbruin. Voor op die foto staan ’n verteenwoordiger van die derde geslag Conradies ... sy moet mooi kyk om sommer klein-klein al ’n VLV-dametjie te wees! <a href="https://murraysburg.co.za/wp-content/uploads/2018/04/Leefstylvergadering-Apr-2018.jpg"><img class="alignnone wp-image-1416 size-medium" src="https://murraysburg.co.za/wp-content/uploads/2018/04/Leefstylvergadering-Apr-2018-300x225.jpg" alt="" width="300" height="225" /></a> Feature Images - The image next to artcile extract