Murraysburg Boekklub Junie 2018
Lina Van den Berg – July 28, 2018
Juniemaand se boekbespreking was onder leiding van Linda van den Berg by Die Ou Waenhuis koffiewinkel.
Met die geur van koffie rondom ons, het Linda die volgende boeke bespreek:
- Tuisland – Karin Brynard (In hierdie boek sien ons vir Inspekteur Beeslaar waar hy moorde en n verdwyning probeer oplos en die draaie wyd loop deur die Koi’San kultuur en nalatenskap.)
- The Elusive Moth – Ingrid Winterbach (n Engelse vertaling van Karolina Ferreira, bekende boek van die skrywer. Dit vertel die verhaal van Karolina waar sy op n klein dorpie haarself probeer vind tydens n navorsingsprojek om n rare motspesie te bestudeer)
- On Leopard Rock – Wilbur Smith (In hierdie wonderlike boek vind ons die ‘memoirs’ van Wilbur Smith se lewe. Hy beskryf die beste en slegste ervarings van sy lewe en gee ons n agter-die-skerm blik op sy inspirasie en lewe)
- Die Vrou in die Blou mantel – Deon Meyer (n Volledige moordverhaal, intrige, draaipunt en onverwagte einde in 121 bladsye? Dit klink te goed om waar te wees….maar dit is nie! Deon Meyer stel nooit teleur nie)