Murraysburg Boekklub Mei 2018
Lina Van den Berg – July 28, 2018
Tydens die Mei maand byeenkoms van die Boekklub, was Elma Immelman die aanbieder.
Haar boekbesprekings het gestrek vanaf die lewe van n dwelmverslaafde, twee verhale wat afgespeel het tydens die gruwels en uitdagings van die Tweede Wereldoorlog, tot by die Pulitzer pryswenner boek. Elma het ook vir Rene Theron as gas saamgenooi wat weens sy persoonlike kennismaking met die skrywer van die een boek, n waardevolle bydrae tot die bespreking kon gee.
Die volgende boeke was op Elma se lys:
- I want my life back – Steve Hamilton (Die ware verhaal van die skrywer se lewe as n dwelmverslaafde. Hy was uiteindelik ook een van die stigterslede van Narcotics Anonymous)
- The Punishment – Paula Marais (Die verhaal handel hoofsaaklik oor die liefdesverhouding tussen n Franse meisie en n Duitse offisier tydens die Tweede Wereldoorlog)
- All the Light we cannot see – AnthonyDoerr (Pulitzer pryswenner-boek oor hoe n blinde Franse meisietjie en n Duitse seun die verskrikking van die Tweede Wereldoorlog probeer oorleef)
- Tears of Dark water – Corban Addison (Hierdie is die verhaal van die kaping van skepe aan die gevaarlike kus van Somalië)