Murraysburg boekklub – Oktober 2021
Bruce McLachlan – October 27, 2021
Artiekel deur: Theresa Troskie
Op 7 Oktober het die Boekklub weer ouder gewoonte in die Ou Waenhuis, koffiewinkel van Maryn de Klerk, bymekaar gekom vir ’n aanbieding. Magda van Heerden van Weltevrede was aan die woord.
Met die aankoms het elkeen ’n nommer getrek en is ons daarvolgens in 2 spanne verdeel. Ons almal is bewus daarvan dat skrywers deesdae al hoe meer en al hoe meer dikwels kragtaal, vloektaal en selfs die ydellike gebruik van die Here se naam in boeke gebruik.
Die 8 teenwoordiges het ’n debat gehou oor: Die gebruik van kru taal/vloekwoorde en die Here se Naam om geloofwaardigheid en oemf aan literêre werke te gee. Die inleidende span het VIR die onderwerp gepraat en die opponerende span DAARTEEN. Wat ’n lewendige, lekker bekgeveg was dit nie?!
Dit was baie insiggewend om almal se uiteenlopende opinies oor hierdie omstrede onderwerp te hoor.
Hierna het Magda ons op ’n reis geneem met haar goed nagevorste, kundige aanbieding van boeke uit verskillende génres:
Donkerdrif – Deon Meyer
Die Heelal op my tong – Anoeschca von Meck
The silent treatment – Abbie greaves
Me before you – Jojo Moyes
Soos elke maand, was hierdie boekklubbyeenkoms weer vir ons die hoogtepunt van die maand! Ons is geestelik verryk daar weg.