MURRAYSBURG VOORBEREIDING SKOOL SING BY VLV

Die Leefstylsameroeper van Murraysburg, Noord-Karoo, Adrie Conradie het vanjaar ’n baie geslaagde mini-skou aangebied.  Omdat dit nou na baie jare weer in Murraysburg wemel van die klein kindertjies,  het sy moeite gedoen en klasse geskep waarin die kinders kon deelneem.  By die afgelope Leefstylvergadering in April is die pryswenners beloon met ’n koevertjie met kontant.  Die kleingoed van die Murraysburgs Voorbereiding Skool, onder leiding van Elsjé Kruger, het ons vergadering opgekikker met die sing en dramatisering van drie liedjies!