Opvoeding en Kultuur – 11 Maart 2026

Renée Swanepoel  –  April 9, 2026

 

Opvoeding en Kultuur (Potpourri – bestuur)

Arbeisterapeut aan die werk!

Hannelie Clark het gereël met ’n arbeidsterapeut van die Paarl, Hanlie du Plessis, om met ons te gesels tydens ’n zoom-vergadering met haar.

Hierdie talentvolle vrou van vele ambagte gesels onderhoudend met ons oor haar werk.  Sy gee wenke oor hoe om kinders met sensoriese probleme asook kinders wat op die spektrum is te hanteer deur bv. van doelgerigte spel gebruik te maak. Sy het self kinders met spesiale behoeftes en daarom is hierdie arbeidsterapeut se kundige raad op die man af en beproef!

Sy bespreek hoe om probleme aan te spreek bv. blokkies wat nie opmekaar gestapel kan word nie, ’n potlood wat nie reg vasgehou word nie, ens.  Google raad sal werk, maar dis baie belangrik dat die fondasie eers reg gelê moet word.

Valentynsdag

Maretta Theron vertel baie interessant hoe Valentynsdag in ander lande gevier word.

  • Navorsing bewys dat onderwysers in laerskole die meeste valentynskaartjies ontvang;
  • Die hartvorm is die simbool van ’n vrou se boudjies;
  • In 1868 het Richard Cadbury die eerste sjokoladeboks in hartvorm geskep vir Valentynsdag.

Kinderbybel in strokiesverhaalvorm

Renée Swanepoel stel ons bekend aan hierdie pragtige Bybel, Die Aksiebybel.  Een van die ouer mans in ons gemeenskap het as kind so ’n Bybel as geskenk ontvang.  Interessant dat die Bybel steeds by Cum Boeke en Exclusive Books beskikbaar is.

Interessant!

Renée Swanepoel trek soos gewoonlik ’n paar interessante dinge uit haar knapsak:

  • Om op datum te bly met jou “doendinge”, pas die twee-minuut-reël toe. Hierdie produktiwiteitsbeginsel laat jou klein takies dadelik afhandel en verhoed dat werk opgaar.
  • Wat beteken die idioom “iets op die mou speld? Iets onder iemand se aandag bring.
  • Willie Esterhuizen beveel aan dat elke kind die volgende vakke op skool moet neem:
  • Houtwerk/metaalwerk – om doen-dit-self takies in en om die huis te kan doen.
  • Huishoudkunde – om te leer kosmaak.
  • Tik – sodat almal kan “blind” tik, niemand skryf omtrent meer nie.