Tuinbou & Leefstyl Oktober 2018

Linda van den berg  –  November 20, 2018

 

Op 13 Oktober 2018 het CW Vermeulen die Tuinbou & Leefstyl samekoms toegespreek op die pragtige plaas, Harmonie.

Hy is n omgewingsdeskundige en n baie entoesiastiese voëlkenner en het sy kennis van die Karoo voëls met ons kom deel.

Almal was verbaas oor die feit dat Murraysburg die tuiste is van baie seldsame en unieke voëls en CW het almal aangemoedig om

te registreer by SABAP en voëls te begin atlas in ons omgewing.

Verskeie inwoners van Huis Spitskop het ook die dag meegemaak en het n heerlike middagete ontvang na die praatjie. Baie dankie CW en

Jolene Mans vir hierdie wonderlike dag!