VLV leer “string art”
Renée Swanepoel – August 19, 2024
“String Art” oftewel spyker-en-wol kuns deur Adri Krüger
Die lede word bekend gestel aan “string art” oftewel spyker-en-wol kuns.
Afdrukke van prente met redelik eenvoudige buitelyne word gebruik:
- Plaas prent op plankie.
- Spykertjies word reëlmatig ewe ver van mekaar op die buitelyne ingekap.
- Beplan dat daar by elke hoek of punt ’n spykertjie kom om te sorg dat die prentjie behoorlik gevorm word. Verwyder nou die prentjie.
- Gebruik dun wol, hekeldraad of gare om die prentjie te span – oorkruis en van spykertjie tot spykertjie.
- Spanwerk moet sinvol gedoen word om die prente te laat vorm aanneem en te laat uitstaan.
- Die draad kan ook in lae gespan word om verskillende effekte te gee, byvoorbeeld spirale.
- Jy kan meer as een keer om dieselfde spykertjie span.
- Die buitelyn is belangrik. Die gebruik van ’n effe donkerder kleur om die buitelyn te beklemtoon werk goed.
- Baie ingewikkelde portrette kan ook op hierdie manier gemaak word.