VLV Opvoeding en Kultuur Mei 2022 Article name Kies Katergorie Bed and Breakfast Boek Klub Camping Church DLV Farm Stay General Guesthouse Hunting Lodge In Town Out of Town PamG Self-Catering Spitskop TourismEvents Tuinbou Uncategorized VLV -- Parent -- Add New Article body Visual Code <img class="alignnone size-medium wp-image-2070" src="https://murraysburg.co.za/wp-content/uploads/2022/05/Murraysburg-Mei-foto11-MEI-2022-300x226.jpg" alt="" width="300" height="226" /> Twee kundige, goed voorbereide sprekers was aan die woord by hierdie Opvoeding en Kultuur vergadering op Murraysburg. Albei het hul praatjies aangevul met blitsflitsaanbiedings. <strong>Leesgereedheid. </strong>Chrisna Avenant, onderwyseres en ma van ’n peuter, sê dat leesgereedheid die leesproses baie vergemaklik. Ouers en versorgers kan self baie doen om kleuters leesgereed te kry. Sy bespreek die onderwerp aan die hand van die volgende hoofde: Voorvaardighede wat ’n liggaamskaart, lateraliteit, middellynkruising, spiertonus, ruimtelike oriëntasie, koördinasie en ritme, rigting en volgorde, ouditiewe en visuele persepsie en woordeskat en taal. Voorvaardighede kan speel-speel aangeleer word en kleuters kan reeds klein-klein ’n liefde vir lees en boeke aanleer. <strong>Die uitwerking van te veel skermtyd op ’n ontwikkelende kind. </strong>Helen Botha is ’n kinderkinetikus wat ook onderwys gee en ma is van twee kleuters. Haar praatjie handel oor die invloed van te veel tegnologie op ’n kind se ontwikkeling onder die volgende hoofde: Hoekom is fisieke aktiwiteit belangrik? Hoe om dit reg te stel; Emosioneel en sosiaal; Fyn motories? Groot motories en sensories? Gevolge van te veel skermtyd; Taalontwikkeling; Visie en Oë; Breinontwikkeling en slaap? Breinontwikkeling en strukture? Nadele: HOE, WAT en HOEKOM? Onderskrif vir aangehegte foto: V.l.n.r. Helen Botha (kinderkinetikus), Hannelize van Heerden (saamroeper Opvoeding en kultuur), Chrisna Avenant (Onderwyseres) Feature Images - The image next to artcile extract