Ds. Luané McLachlan bring vir ons ’n Kersboodskap. Sy lees ’n stuk uit die Lig voor wat handel oor die 100 skape waarvan een weggeraak het. (Geskryf deur Sieg Louw.) Sy lees ook die gelykenis voor uit Lukas 15. Die kleingoed van Murraysburg Voorbereiding vermaak ons met ritme, beweging en sang op die ritme en…
Die Al Messilah, Lewende hawe vervoerskip na Koeweit en Oman Spreker: Dr. Jaco Pienaar, veearts. Dr. Jaco Pienaar, veearts van Murraysburg, was vanjaar van 26 Julie tot 15 Augustus ’n onafhanklike waarnemer-veearts op die Al Messilah. Die Al Messilah is ’n vee-vervoerskip wat lewende hawe na Koeweit en Oman vervoer. Daar was 38 259 skape…
7 de Damesoggend vir Huishulpe Op 14 September was dit weer tyd vir ons jaarlikse bederfdag vir ons huishulpe. 40 dames het opgedaag en 9 lede was teenwoordig. Die voorsitter, Renée Swanepoel, het afgeskop met ’n gepaste opening en verwelkoming. Sy stel die dames bekend aan die geskiedenis en doel van VLV, nl. volwasse…
Pottebakkery Werkswinkel Adri Krüger, saamroeper van Kunste en Handvlyt, verwelkom vir Janet Kingwill. Janet is ’n bekende plaaslike kunstenaar, sy het ons ingelei in die wêreld van die pottebakker. Sy sê dat as ’n mens met klei werk, jy onwillekeurig daaraan dink dat jyself klei is in die hande van die Groot Pottebakker. God…
17 de BEMAGTIGINGDAG VIR 56 MATRIEKS – MURRAYSBURG HOëRSKOOL OPENING & VERWELKOMING: – Gesondheid – geestesgesondheid Theresa Troskie GEDRUKTE BOEKIE vir elke leerling: Wenke en voorbeelde vir dekbrief/aansoekbrief/begeleidende brief; Wenke vir opstel van CV; Optrede by onderhoud; Sosiale media en die werkplek; Kursusse en kontakbesonderhede – in die omgewing; Lys van 51 facebook-groepe vir werksoekers.…
Voorlesing: Alna Theron doen ’n prettige voorlesing geskryf deur Kristel Loots uit die Rooi Rose: Eerbare vrou bak en brou: ’n stadsmeisie word boervrou/skoondogter en sluit by die VLV aan. Sy besef sy sal by ’n gebak kompetisie moet uithaal en wys om skoonma te beïndruk. Sy gaan koop ’n spog melktert by ’n tuisnywerheid,…
Lugbraaier of Waaierbraaier of Airfryer. Wat is dit? Dit is ’n kombuistoestel wat kos d.m.v. warmlugsirkulasie gaarmaak. Hulle is tegnies ontwerp om die voordele van die konvensionele diepbraaier en die konveksie-oond te kombineer. Dit werk met ’n meganiese waaier wat warm lug binne ’n kookkamer gelykmatig sirkuleer, gewoonlik by ’n temperatuur van 180°C en 200°C.…
My reis met kanker: Juanita Bellingan wat in Murraysburg-distrik boer, het na ongereelde maandstondes geweet dat sy ’n dokter moet besoek. Sy het ’n familiegeskiedenis van kanker en is toe ook op 27-jarige ouderdom met borskanker gediagnoseer. Die kanker was aggressief en daar moes gou gespeel word. In ’n 4 uurlange operasie het sy haar…
SIRKEL: Noord-Karoo TAK: Murraysburg PORTEFEULJE: Potpopurri-vergadering DATUM: 8 Februarie 2023 BERIGGEWER: Theresa Troskie Bol ’n Vlieg ’n Vliegwyfie lê tot 900 eiers in haar lewe van plus minus 30 dae. Almal weet, hoe minder vlieë, hoe minder siektes! Alna Theron demonstreer die werking van ’n groot vlieëvanger wat sy van Takealot af bestel het. Die…
90 ste Verjaarsdagviering in die Skousaal, 19 November 2022 • 17 lede en 21 gaste was teenwoordig. • Groeteboodskappe is ontvang van Barbara Theron en Johanna van der Merwe. • Borge: KVB en Murraysburg DLV – bedank. • Johanna het Murraysburg VLV se geskiedenis van die afgelope 90 jaar kernagtig en interessant saamgevat en Renée…